Episodes

Sunday Apr 16, 2023
Met wie praat ek op Sondagaand? Annemarie Botes Bekker
Sunday Apr 16, 2023
Sunday Apr 16, 2023
Annemarie vertel hoe sy daarin geslaag het om van haar man te skei na jare se emosionele mishandeling.
En dan verduidelik sy ook wat sy moes doen om haarself te genees, want: "as jy lank genoeg geboelie word, word jyself ook 'n boelie."
ASK: http://astrangerkind.com/

Sunday Apr 09, 2023
Met wie praat ek op Sondagaand: Elmarie Potgieter
Sunday Apr 09, 2023
Sunday Apr 09, 2023
Elmarie woon in Frankryk in die dorpie Sillé-Le-Guillaume, waar sy onder andere 'n gastehuis bedryf. Sy is ook die eienaar van Think Wise 'n program wat onderwysinstellings en ouers help om hulle onderwys meer relevant te maak. En dan maak sy ook nog juwele en bied Engelse klasse aan. In die eerste deel van ons gesprek gesels ons oor gastehuise en hoe 'n enkellopende vrou haar lewe vir haarself lekker moet maak. Wil jy graag met Elmarie kontak maak:

Saturday Apr 01, 2023
Met wie praat ek op Sondagaand: Nerina Visser
Saturday Apr 01, 2023
Saturday Apr 01, 2023
In die eerste deel van episode 2 gesels ek met Nerina Visser. Ons is al van skooltyd af vriende en ons praat oor vriendskap en hoe Nerina besluit het om die korporatiewe wêreld te verlaat en haar eie paadjie te loop. Luister na die tweede deel van ons gesprek op patreon, teen 'n klein bedraggie geld.patreon.com/user?u=85867225

Thursday Feb 09, 2023
Met wie praat ek op Sondagaand: Kriz Scheeres
Thursday Feb 09, 2023
Thursday Feb 09, 2023
Kriz vertel van haar werk as facilitymanager vir Netflix.
Elke gesprek bestaan uit 2 dele:
'n gratis deel en 'n betaaldeel op patreon teen 'n klein betaling. Moenie die tweede deel misloop nie!

As die groot verlange en Sondagmiddag- alleen jou vang, kom kuier saam met my. In die komende jaar gaan ek probeer om met al my FB-vriende te gesels.
Ek het geniale FB-vriende en elkeen van hulle het 'n spesiale storie om te vertel.
Ons kuiers sal wilde draaie maak, ver paaie loop en altyd weer eindig by vriendskap, geluk en die lekkerte van 'n vol lewe.