Episodes

Sunday May 12, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Tom Dreyer 1
Sunday May 12, 2024
Sunday May 12, 2024
Tom is 'n baie bekende romanskrywer maar onlangs het hy sy debuut as digter gemaak. Ons gesels oor die digkuns en skryfwerk en nuuskierig wees.

Monday Apr 01, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Zelda Bezuidenhout 1
Monday Apr 01, 2024
Monday Apr 01, 2024
Zelda is 'n bekende skryfster van volwasse- en jeugboeke. Onlangs is sy as naaswenner aangewys in die Lapa kinderboekkompetisie vir 2023 en daar word op die oomblik 'n film van haar boek, Die dekonstruksie van Retta Blom, gemaak.
Ons gesels oor Parys in Vrystaat, skryf, kinderboeke en sommer net die lewe.
#Lapauitgewers, https://a.co/d/cE26wFo
https://a.co/d/e92zH6Y, https://a.co/d/1b2UIiz, https://a.co/d/bGx0sH2, https://a.co/d/a7kk7UF

Sunday Mar 24, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand?Madri van der Walt Victor 1
Sunday Mar 24, 2024
Sunday Mar 24, 2024
Madri is 'n bekende manuskripontwikkelaar en die eienares van die wonderlike Ink in my pen-klub waar sy voornemende skrywers help om hulle stories beter te maak. Ongeveer 'n jaar gelede het Madri en haar gesin Kanada toe verhuis. Ons gesels oor hulle nuwe lewe daar bo in die koue Noorde en ons praat oor skryf, boeke, lees en hoe die toekoms van die Afrikaanse boek miskien sal uitsien. Om na deel twee van ons gesprek te kan luister, moet jy lid van my Patreonblad word.

Sunday Mar 17, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Madelein Wentzel 1
Sunday Mar 17, 2024
Sunday Mar 17, 2024
Madelein woon in 'n klein dorpie in Connecticut in die VSA. Ons gesels oor die lewe daar en ook oor New York wat nie al te ver van hulle af is nie. Madelein vertel ook hoe hulle na allerhande omswerwinge uiteindelik daar neergestryk het.

Sunday Mar 10, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Este van Marle-Koster
Sunday Mar 10, 2024
Sunday Mar 10, 2024
Este is verbonde aan die "department of Animal and Wildlife Sciences" by Tukkies. Sy spesialiseer in die teel en genetika van melk- en vleisbeeste. Al klink dit baie erg wetenskaplik is dit baie interessant en relevant vir almal wat melk- en vleisprodukte gebruik. Ons praat ook oor wie die studente is wat deesdae die vakke bestudeer.

Sunday Mar 03, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Wynand Dreyer 1
Sunday Mar 03, 2024
Sunday Mar 03, 2024
Ons gesels oor vroeër toe ons albei by die SABC gewerk het. En dan vertel Wynand meer oor die produksies wat hy gemaak het vandat hy vir homself werk en saam met Christelle Parrott, Khaki Produksies het. In deel een gesels ons oor Mega Boere en in deel twee oor Pelgrims en die film, Call me Miles. Deel 2 is net op patreon beskikbaar.
https://www.khakiproductions.com/

Sunday Feb 25, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Thalyta Louw Swanepoel1
Sunday Feb 25, 2024
Sunday Feb 25, 2024
Thalyta is 'n senior dosent in joernalistiek aan die NWU. Lank gelede het ek en sy saam ook daar joernalistiek studeer. Ons gesels oor die stand van joernalistiek en koerante en wat studente deesdae alles leer. Deel twee van die gesprek is net op my Patreonblad beskikbaar.

Sunday Feb 18, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Rae White 1
Sunday Feb 18, 2024
Sunday Feb 18, 2024
Rae woon al vir baie jare in Swede, maar voor sy finaal daar "gesettle" het, het haar lewe baie interessante draaie gemaak. Sy moes keuses maak wat soms baie moeilik was en waarvoor mense na aan haar haar kwalik geneem het. Rae vertel hoe die keuses haar lewe beïnvloed het en hoekom sy deesdae rus ervaar. Die gesprek vind plaas oor twee dele. Word lid van my Patreonblad om ook deel twee te beluister.

As die groot verlange en Sondagmiddag- alleen jou vang, kom kuier saam met my. In die komende jaar gaan ek probeer om met al my FB-vriende te gesels.
Ek het geniale FB-vriende en elkeen van hulle het 'n spesiale storie om te vertel.
Ons kuiers sal wilde draaie maak, ver paaie loop en altyd weer eindig by vriendskap, geluk en die lekkerte van 'n vol lewe.