Episodes

Sunday Jul 14, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Elsabe Fouche 1
Sunday Jul 14, 2024
Sunday Jul 14, 2024
Elsabe en ek gesels oor die lewe op die plaas, uithouritte met perde, skryfwerk en tuisonderrig.
Sy woon in Zeerust se wereld waar sy ook die trotse ma van 'n klomp hans kallers is. En elkeen van haar kallers het 'n naam. Dis nie 'n gesprek wat jy wil misloop nie.

Sunday Jul 07, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Linki Brand 1
Sunday Jul 07, 2024
Sunday Jul 07, 2024
Linki is 'n grafiese ontwerper en kinderboek-illustreerder. Sy en haar gesin woon deesdae in Bergen, Noorweë. Ons gesels oor hulle lewe daar, oor grafiese ontwerp, kunsmatige intelligensie en natuurlik, kinderboeke

Sunday Jun 30, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Nico Visser 1
Sunday Jun 30, 2024
Sunday Jun 30, 2024
Nico en ek gesels tuinsake. Hy werk by 'n sopkombuis waar hulle mense help om eie groentetuine te maak. Tuis is Nico ook 'n kranige tuinier. Verder vertel hy my meer oor sy liefde vir vuurmaak en om teen die grense van Suid-Afrika af te reis. In die tweede deel van die gesprek, net vir Patreon-lede, praat ons oor entrepreneurs, handel dryf op markte en die pad wat hy met die Bryanston-mark in Johannesburg geloop het.

Sunday Jun 23, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Marnella Döckel Erasmus 1
Sunday Jun 23, 2024
Sunday Jun 23, 2024
Marnella staan in Nederland bekend as mevrouw Kuierkos. Sy en haar man, Andreas, het een van die oudste restaurant/winkels in Nederland wat eg Suid-Afrikaanse produkte verkoop. Ons gesels oor hulle lewe in Nederland en hoe die winkel werk. Die tweede deel van die gesprek is eksklusief net vir betalende lede van my Patreonblad beskikbaar.

Sunday Jun 09, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Madeleine Barnard 1
Sunday Jun 09, 2024
Sunday Jun 09, 2024
Madeleine woon op Prins Albert en haar leuse is: "Ek maak my eie wêreld op hiedie werf van my." Madeleine is 'n bekende joernalis en sy skryf onder andere artikels vir die Vrye Weekblad. Verder komponeer en sing sy haar eie musiek en sy doen interessante handwerk wat gefokus is op die hergebruik van ou kledingstukke en lappe. Die tweede deel van ons gesprek is net op Patreon beskikbaar: word 'n lid en luister saam.

Sunday Jun 02, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Alwyn Roux 1
Sunday Jun 02, 2024
Sunday Jun 02, 2024
Alwyn het onlangs met sy eerste digbundel, Weerskyn, gedebuteer. Ons gesels oor sy lewe as literatuurwetenskapper en digter. Vroeg 2024 was Alwyn saam met Tom Dryer in Nederland om hulle bundels hier bekend te stel. Ons gesels ook oor die besoek. Die tweede deel van die gesprek is op patreon beskikbaar.
Weerskyn het by Protea verskyn.
https://versindaba.co.za/2024/04/22/resensie-weerskyn-alwyn-roux/

Sunday May 26, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Cobie Odendaal 1
Sunday May 26, 2024
Sunday May 26, 2024
Cobie is 'n raakvatter en 'n planmaker wat haar nie maklik laat onderkry nie. Ons gesels oor haar passie vir hokkie en die huisvesting wat sy en haar man vir studente in Pretoria bied. Cobie werk graag met die jeug, sy het immers self tien kinders groot gemaak.

Sunday May 19, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Anzil Kulsen 1
Sunday May 19, 2024
Sunday May 19, 2024
Anzil is 'n bekende Afrikaanse skryfster wat wonderlike werk in die Noord Kaap doen om lees en skryf te bevorder. Ons gesels oor haar werk wat nie altyd ewe maklik en eenvoudig is nie en oor haar skryfwerk. In Meimaand is sy een van ses gelukkige skrywers wat gebruik kan maak van die PEN dit neer-skrywersresidensie.

As die groot verlange en Sondagmiddag- alleen jou vang, kom kuier saam met my. In die komende jaar gaan ek probeer om met al my FB-vriende te gesels.
Ek het geniale FB-vriende en elkeen van hulle het 'n spesiale storie om te vertel.
Ons kuiers sal wilde draaie maak, ver paaie loop en altyd weer eindig by vriendskap, geluk en die lekkerte van 'n vol lewe.