Episodes

Thursday Sep 26, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Matthew Esser
Thursday Sep 26, 2024
Thursday Sep 26, 2024
Matthew het sopas 14 geword en kan reeds spog met sy eerste boek, "Alifyah: The Nation of Yerelah". Ons gesels oor wat die boek behels en Matthew se drome vir die toekoms.
Hier kan jy die boek koop: https://www.amazon.co.uk/ALIFYAH-Nation-Yerelah-Histories-Allies/dp/B0CW5CQ4BD

Friday Sep 13, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Elizette Nel 1
Friday Sep 13, 2024
Friday Sep 13, 2024
Elizette help mense wat hulle in Nederland kom vestig. Ons gesels oor al die uitdagings wat jou te wagte is, die komplekse skoolsisteem en hoe sy en haar span mense help om hulle pad deur al die reëls te vind.
Hier kan jy kontak maak met Elizette: About Expat Relocation & Immigration Services | Expat Relocation and Immigration Services (expatrelocations.nl)

Sunday Sep 01, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Elizma Badenhorst 1
Sunday Sep 01, 2024
Sunday Sep 01, 2024
Ek en Elizma gesels oor die Eneagram, waar dit vandaan kom en hoe 'n mens dit kan gebruik.
Elizma bied spesiale werkswinkels aan vir skrywers oor karakterontwikkeling. Sy is ook 'n coach wat mense begelei om probleme in hulle verhoudings uit te stryk. Hier kan jy haar kontak.

Sunday Aug 18, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Johlene Moller 1
Sunday Aug 18, 2024
Sunday Aug 18, 2024
Ek en Johlene praat oor bome en boekies. Juhlene maak besondere kunswerke in die vorm van piepklein boekies met wonderlike woorde.
Lees hier wat die bekende skrywer, Karin Schimke oor die boekies vertel:
https://karinschimke.substack.com?utm_source=navbar&utm_medium=web
Wil jy self een van Juhlene se boekies aanskaf, kyk hier:
https://www.foragestudio.co.za/

Sunday Aug 11, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Ilona Naude Greeff 1
Sunday Aug 11, 2024
Sunday Aug 11, 2024
Kom luister saam hoe Ilona vertel van Africa Burn en die groot avontuur wat sy en haar lewensmaat, Bokka du Toit, aangepak het. Sommige mense sal dink dis malligheid en ander sal wens hulle kon dit doen, hoe ook al: Ilona laat 'n mens nadink oor die keuses wat jy in jou lewe maak.

Sunday Aug 04, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Marguerite van Wyk 1
Sunday Aug 04, 2024
Sunday Aug 04, 2024
Marguerite is 'n bekende leefstyl joernalis met 'n groot hart. Sy is besig om geld in te samel vir die diere wat swaarkry in Kaapstad. Sy verkoop boeke op haar instagram-blad @bookmargs. Al die geld gaan na kleiner organisasies wat diere help. Ons gesels oor die projek en natuurlik praat ons oor joernalistiek, tydskrifte en die wonderlike kulturele lewe in Kaapstad.

Sunday Jul 28, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Milton Webber 1
Sunday Jul 28, 2024
Sunday Jul 28, 2024
Milton vertel meer oor sy lewe in Nederland. Ons praat ook oor Nederlands en hoe belangrik dit is om die taal te leer praat as jy regtig wil aanpas.
https://www.beterafrikaans.co.za/

Sunday Jul 21, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Izak de Vries 1
Sunday Jul 21, 2024
Sunday Jul 21, 2024
Op wikipedia staan daar dat Izak 'n skrywer, akteur een fotograaf is maar wiki vergeet om te noem dat Izak een van de mees betrokke mense is as dit kom by Afrikaans, webtuistes soos Voertaal en Litnet, boekfeeste en die regte van skrywers by PEN Afrikaans. Ek en Izak praat veral oor laas genoemde sake.
https://www.litnet.co.za/author/izak-de-vries/
https://voertaal.nu/author/izak-de-vries/
https://penafrikaans.org.za/pen-afrikaans-bestuur/

As die groot verlange en Sondagmiddag- alleen jou vang, kom kuier saam met my. In die komende jaar gaan ek probeer om met al my FB-vriende te gesels.
Ek het geniale FB-vriende en elkeen van hulle het 'n spesiale storie om te vertel.
Ons kuiers sal wilde draaie maak, ver paaie loop en altyd weer eindig by vriendskap, geluk en die lekkerte van 'n vol lewe.