Episodes

Sunday Oct 19, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Ian du Toit 1
Sunday Oct 19, 2025
Sunday Oct 19, 2025
Miskien ken jy vir Ian du Toit, miskien nie, maar kom kuier saam, asseblief! Ek en Ian ken mekaar van ons universiteitsdae af. Ons vra onsself af wat van die tyd geword het. Hoe op aarde het ons nou op die vooraand van ons pensioen beland en wat op aarde gaan ons nou doen?

Wednesday Oct 15, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Vickie de Beer
Wednesday Oct 15, 2025
Wednesday Oct 15, 2025
Vickie het onlangs 'n pragtige kinderresepteboek die lig laat sien in samewerking met Antjie Krog en Roelien Immelman. Die boek se naam is Kombuistaal en word deur Lapa uitgegee. Ons gesels oor die boek en dan praat ons oor fermentasie. Ek het onlangs 'n werkswinkel by haar bygewoon en wonderlike dinge oor kimchi en kombucha geleer.

Sunday Sep 21, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Troula Goosen 1
Sunday Sep 21, 2025
Sunday Sep 21, 2025
Troula is 'n bekende en gevierde kinder- en jeugboekskryfster. Ons gesels oor haar skryfproses en die stand van kinderliteratuur. Sy en haar man het onlangs in Guernsey by hulle kinders gekuier en sy vertel ook 'n bietjie meer oor die eiland.
Hier is 'n skakel na van haar boeke toe: https://www.nb.co.za/af/authors?authorId=1793

Sunday Sep 07, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Esti Stewart 1
Sunday Sep 07, 2025
Sunday Sep 07, 2025
In Junie het Esti die stoute skoene aangetrek om in 'n maand se tyd die Pieterpad in Nederland te loop. Ons gesels oor hoe sy die Nederlandse leefstyl en platteland ervaar het en wat sy van die Pieterpad dink. Esti en haar man bied verskeie stap-en fietstogte aan. Gaan maak 'n draai op hulle webblad as jy lus is vir 'n uitdaging van formaat: https://baviaans2bayadventures.co.za/

Sunday Aug 24, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Marieta McGrath 1
Sunday Aug 24, 2025
Sunday Aug 24, 2025
Marieta is 'n digter en kinderboekskrywer wat graag limerieke skryf. Ons gesels oor haar voorliefde vir die digvorm, haar aanlyn video's en hoekom sy skryf.

Sunday Aug 03, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Melanie Marx 1
Sunday Aug 03, 2025
Sunday Aug 03, 2025
Hoe vorder 'n mens van projekbestuurder tot boer? Vra dit maar vir Melanie Marx. Sy het in die korporatiewe wêreld in Australië opgedaag en na 'n aflegging, saam met haar lewensmaat besluit om 'n dramatiese verandering in hulle lewens te maak.

Sunday Jul 20, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Moira Odendaal 1
Sunday Jul 20, 2025
Sunday Jul 20, 2025
Moira is diep betrokke by die bemarking van haar Swellendam en sy museum. Buiten 'n lieflike klein teater wat sy geskep het, is ook haar huis 'n besondere kuierplek vir dorpenare en toeriste. En as jy plaaslike teatergangers sou vra wie of wat Miss Ruby is, sal hulle jou beslis kan vertel.

Sunday Jul 06, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Janke ven Schalkwyk
Sunday Jul 06, 2025
Sunday Jul 06, 2025
Janke is 'n jong Suid-Afrikaanse onderwyseres in Nederland. Ons gesels oor haar lewe hier en hoe die onderwys hier vir haar werk.

As die groot verlange en Sondagmiddag- alleen jou vang, kom kuier saam met my. In die komende jaar gaan ek probeer om met al my FB-vriende te gesels.
Ek het geniale FB-vriende en elkeen van hulle het 'n spesiale storie om te vertel.
Ons kuiers sal wilde draaie maak, ver paaie loop en altyd weer eindig by vriendskap, geluk en die lekkerte van 'n vol lewe.

