Episodes

Sunday Jan 12, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Elize Parker 1
Sunday Jan 12, 2025
Sunday Jan 12, 2025
Daar is nie 'n beter manier om die nuwe jaar te begin, as 'n gesprek met Elize nie! Elize is 'n bekende skrywer en joernalis wat 'n groot liefde vir die natuur en wildlewe het. Baie mense sal haar natuurlik ook onthou as Huisgenoot se troostante. Ons gesels oor haar nuutste boek asook haar Laeveld Drieluik. En natuurlik inspireer Elize 'n mens altyd met haar kennis oor die natuur en haar geloof.

Sunday Dec 29, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Ruth Prinsloo 1
Sunday Dec 29, 2024
Sunday Dec 29, 2024
In this, my very first attempt at an English episode, Ruth tells me about her miracle. Ruth lives in 's Hertogenbosch in the Netherlands. It's just a stone's throw away from where I live. We've never met in person, but I am a huge fan of her FB-page. She has an uncanny way of making you think about the true meaning of life, just by describing the people she meets in her daily life and by telling wonderful stories about her apprenticeship at a famous Dutch sculptor.

Sunday Dec 15, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Milana van Tonder 1
Sunday Dec 15, 2024
Sunday Dec 15, 2024
Milana en ek gesels oor hulle onlangse verhuising na Little Rock in die VSA waar sy en haar man albei betrokke is by die hoofkantoor van ATA-Taekwondo. Ons praat oor hulle aanpassing in die nuwe land en ook oor Taekwondo.

Sunday Dec 01, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Annemarie van Wyk 1
Sunday Dec 01, 2024
Sunday Dec 01, 2024
Annmarie (Donsie) het onlangs 'n fietstog in Turkye aangepak. Ons gesels oor hoe dit was en wat aanleiding gegee het tot die groot avontuur.

Sunday Nov 17, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Martjie Roos 1
Sunday Nov 17, 2024
Sunday Nov 17, 2024
Martjie is 'n bekende tydskrif joernalis met hope ervaring. Ons gesels oor haar begin dae toe sy as groentjie by die Noord Transvaler 'n onderhoud moes doen met drie groot filmsterre. Ons praat ook oor RooiRose en die lang pad wat Martjie al met die tydskrif loop.

Sunday Nov 03, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Trisa Hugo 1
Sunday Nov 03, 2024
Sunday Nov 03, 2024
Trisa het geen bekendstelling nodig nie: sy is 'n skryfster, vryskut resensent vir oa Rapport, was saam met Analize Viljoen die bedenker van Boekemakranka en sy gee digitale boeke uit. Ons gesels oor die skryf van resensies en al die polemiek wat daar vanjaar was oor Crito.
Besoek Trisa se webblad hier: https://trisahugo.co.za/

Sunday Oct 20, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Marguerite Du Bois Julyan 1
Sunday Oct 20, 2024
Sunday Oct 20, 2024
Marguerite is 'n onderwyseres wat baie ure van haar tyd spandeer om kinders voor te berei vir tienertoneel. Ons gesels oor wat dit vat om 'n sukses van tienertoneel te maak in 'n skool waar die begrotings vir die soort dinge maar krap is.

Sunday Oct 06, 2024
Met wie praat ek op Sondagaand? Marion Erskine 1
Sunday Oct 06, 2024
Sunday Oct 06, 2024
In deel een van die jolige gesprek vertel die bekende skrywer meer oor sy wedervaringe in Frankryk wat hy onlangs sy tuiste gemaak het. Marion woon in Nantes waar die mense nog nie so vreeslik baie Engels kan praat nie. Luister ook na deel 2 op my Patreonblad want ons gesels oor die Lekkerleesboekrak en hoe dit tot stand gekom het.

As die groot verlange en Sondagmiddag- alleen jou vang, kom kuier saam met my. In die komende jaar gaan ek probeer om met al my FB-vriende te gesels.
Ek het geniale FB-vriende en elkeen van hulle het 'n spesiale storie om te vertel.
Ons kuiers sal wilde draaie maak, ver paaie loop en altyd weer eindig by vriendskap, geluk en die lekkerte van 'n vol lewe.