Episodes

Sunday Aug 03, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Melanie Marx 1
Sunday Aug 03, 2025
Sunday Aug 03, 2025
Hoe vorder 'n mens van projekbestuurder tot boer? Vra dit maar vir Melanie Marx. Sy het in die korporatiewe wêreld in Australië opgedaag en na 'n aflegging, saam met haar lewensmaat besluit om 'n dramatiese verandering in hulle lewens te maak.

Sunday Jul 20, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Moira Odendaal 1
Sunday Jul 20, 2025
Sunday Jul 20, 2025
Moira is diep betrokke by die bemarking van haar Swellendam en sy museum. Buiten 'n lieflike klein teater wat sy geskep het, is ook haar huis 'n besondere kuierplek vir dorpenare en toeriste. En as jy plaaslike teatergangers sou vra wie of wat Miss Ruby is, sal hulle jou beslis kan vertel.

Sunday Jul 06, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Janke ven Schalkwyk
Sunday Jul 06, 2025
Sunday Jul 06, 2025
Janke is 'n jong Suid-Afrikaanse onderwyseres in Nederland. Ons gesels oor haar lewe hier en hoe die onderwys hier vir haar werk.

Sunday Jun 22, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Perdita Rabe
Sunday Jun 22, 2025
Sunday Jun 22, 2025
Perdita vertel van die Camino wat sy en haar man vanuit Portugal gestap het. Ons praat ook oor ouer word en "kleiner gaan" en Diets vertel meer oor haar skryfproses.
Indien jy meer van Perdita te wete wil kom:
https://perditablog.wordpress.com
https://omny.fm/shows/radioteater/wat-sal-die-mense-s-202-deur-perdita-van-dijk-du-b
https://omny.fm/shows/radioteater/agter-toe-deure-deur-perdita-van-dijk-du-bois

Sunday Jun 01, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? De Wet Hugo 1
Sunday Jun 01, 2025
Sunday Jun 01, 2025
De Wet is 'n baie bekende Afrikaanse kinderboekskrywer van onder andere die Grilgryper-reeks. As ek jy was, is die nuutste boek uit sy pen en dit het sopas by Human en Rousseau verskyn. De Wet is ook 'n onderwyser in China en ons gesels oor sy lewe daar.
https://dewethugo.co.za/boeke/
https://www.graffitibooks.co.za/af/394352/Boeke/De-Wet-Hugo-As-ek-jy-was?

Sunday May 18, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Carina van der Walt 1
Sunday May 18, 2025
Sunday May 18, 2025
Die digter, Carina van der Walt, bly al langer as 20 jaar in Tilburg. Dit is een van die groot dorpe net so 'n klipgooi van ons af. Carina is met oorgawe deel van die Tilburgse kultuurscene en sy deel graag die stad en sy kunstenaars met ander Afrikaanse skrywers en digters. Ons gesels oor haar bundel, Landluisteraar, wat sy geksryf het na aanleiding van die landkuns van Strijdom van der Merwe. Carina skryf ook gereëld vir brabantcultureel.nl

Sunday May 04, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? AJ Opperman 1
Sunday May 04, 2025
Sunday May 04, 2025
Die kans is groot dat jy al 'n keer een van AJ se artikels of resensies op Media24 raakgelees het. Of miskien volg jy , soos ek, sy verjaarsdagkalender van bekende Suid-Afrikaners op sosiale media. Hoe ookal, AJ was afgelope Januarie en Februarie in Amsterdam waar hy as joernalis in Zuid-Afrikahuis kon vertoef. Ons gesels oor sy besoek en sy werk in deel een van ons gesprek.

Saturday Apr 19, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Ann Snyman 1
Saturday Apr 19, 2025
Saturday Apr 19, 2025
Ann is net weer terug in Johannesburg nadat sy 'n tyd lank onderwys in Hong Kong gegee het. Kom luister daam na die heerlike avontuur.

As die groot verlange en Sondagmiddag- alleen jou vang, kom kuier saam met my. In die komende jaar gaan ek probeer om met al my FB-vriende te gesels.
Ek het geniale FB-vriende en elkeen van hulle het 'n spesiale storie om te vertel.
Ons kuiers sal wilde draaie maak, ver paaie loop en altyd weer eindig by vriendskap, geluk en die lekkerte van 'n vol lewe.