Episodes

6 days ago
6 days ago
Hierdie is 'n gesprek waarna almal wat betrokke is by kinders, behoort te luister. Of jy nou 'n ouma, 'n ma of 'n onderwyser is, dit is belangrik om te verstaan waarom dit so ongelooflik nodig is vir 'n kind om goed te kan lees. Christien vertel ook waarom 'n mens vir 'n kind van geboorte af al moet voorlees, liedjies sing en rympies en gedigte opsê.

Saturday Jan 24, 2026
Met wie praat ek op Sondagaand? Julio Agrella
Saturday Jan 24, 2026
Saturday Jan 24, 2026
Ek is mal oor Julio se boeke en dit was vir my 'n heerlike voorreg om met hom oor sy werk en oor skryf in die algemeen, te praat. As jy nog nie kennis gemaak het met Zeus van Wyngaardt nie is dit hoog tyd om een van sy avonture op jou leeslys vir 2026 te sit.

Sunday Dec 28, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Loammi Wolf
Sunday Dec 28, 2025
Sunday Dec 28, 2025
Die meeste mense kan haar as Pou Veer, 'n staatsreg geleerde wat baie kundig is oor Europese politiek. Ons praat oor Duitsland en hoe die land verander het. Loammi verduidelik ook die verhoudinge tussen Wes Europa en Rusland.

Sunday Dec 21, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Lycette Wilson
Sunday Dec 21, 2025
Sunday Dec 21, 2025
Lycette woon al 'n paar jaar in Nederland en maak dit haar werk om mede Suid-Afrikaanse expats te vermaak met hoe sy die verskille in kultuur aanpak. Ons gesels oor die realiteite wat jou te wagte staan as jy na 'n nuwe land toe verhuis.
Loer gerus op FB en Tiktok om te sien wat sy alles aanvang.
TikTok: @satonl_lycette

Thursday Dec 11, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Cliffordene Norton
Thursday Dec 11, 2025
Thursday Dec 11, 2025
Cliffordene en ek gesels oor haar skrywersloopbaan, standaard Afrikaans en jeugboeke vir tieners wat hulleself min in jeugliteratuur raaklees.

Sunday Nov 30, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Annemarie Bekker Botes
Sunday Nov 30, 2025
Sunday Nov 30, 2025
Toe uncle Bells sy verskyning in Annemarie se lewe gemaak het, het sy besluit om nie onder die bed weg te kruip nie, maar om eerder op tiktok vir mense te vertel wat haar getref het.

Sunday Nov 16, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Anschen Conradie
Sunday Nov 16, 2025
Sunday Nov 16, 2025
Soms gesels 'n mens net so lekker met iemand dat dit voel asof jy die hele dag lank kan bly praat. Anschen en ek praat oor ons groot passie: lees en boeke en ons sukkel om uitgepraat te raak. Sy is bekend op FB vir haar resensies op "Uitdieperdsebek" en sy skryf ook resensies vir oa Litnet.

Sunday Nov 02, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Tosca de Villiers
Sunday Nov 02, 2025
Sunday Nov 02, 2025
Daar is 'n splinternuwe skrywersforum in Bloemfontein. Ek en Tosca gesels oor hoe dit tot stand gekom het en wat dit nou eintlik is.

As die groot verlange en Sondagmiddag- alleen jou vang, kom kuier saam met my. In die komende jaar gaan ek probeer om met al my FB-vriende te gesels.
Ek het geniale FB-vriende en elkeen van hulle het 'n spesiale storie om te vertel.
Ons kuiers sal wilde draaie maak, ver paaie loop en altyd weer eindig by vriendskap, geluk en die lekkerte van 'n vol lewe.

