Episodes

Sunday Jun 01, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? De Wet Hugo 1
Sunday Jun 01, 2025
Sunday Jun 01, 2025
De Wet is 'n baie bekende Afrikaanse kinderboekskrywer van onder andere die Grilgryper-reeks. As ek jy was, is die nuutste boek uit sy pen en dit het sopas by Human en Rousseau verskyn. De Wet is ook 'n onderwyser in China en ons gesels oor sy lewe daar.
https://dewethugo.co.za/boeke/
https://www.graffitibooks.co.za/af/394352/Boeke/De-Wet-Hugo-As-ek-jy-was?

Sunday May 18, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Carina van der Walt 1
Sunday May 18, 2025
Sunday May 18, 2025
Die digter, Carina van der Walt, bly al langer as 20 jaar in Tilburg. Dit is een van die groot dorpe net so 'n klipgooi van ons af. Carina is met oorgawe deel van die Tilburgse kultuurscene en sy deel graag die stad en sy kunstenaars met ander Afrikaanse skrywers en digters. Ons gesels oor haar bundel, Landluisteraar, wat sy geksryf het na aanleiding van die landkuns van Strijdom van der Merwe. Carina skryf ook gereëld vir brabantcultureel.nl

Sunday May 04, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? AJ Opperman 1
Sunday May 04, 2025
Sunday May 04, 2025
Die kans is groot dat jy al 'n keer een van AJ se artikels of resensies op Media24 raakgelees het. Of miskien volg jy , soos ek, sy verjaarsdagkalender van bekende Suid-Afrikaners op sosiale media. Hoe ookal, AJ was afgelope Januarie en Februarie in Amsterdam waar hy as joernalis in Zuid-Afrikahuis kon vertoef. Ons gesels oor sy besoek en sy werk in deel een van ons gesprek.

Saturday Apr 19, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Ann Snyman 1
Saturday Apr 19, 2025
Saturday Apr 19, 2025
Ann is net weer terug in Johannesburg nadat sy 'n tyd lank onderwys in Hong Kong gegee het. Kom luister daam na die heerlike avontuur.

Sunday Apr 06, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Anita Heyl 1
Sunday Apr 06, 2025
Sunday Apr 06, 2025
Anita is 'n strategiese media-kommunikasiekundige. Ons gesels oor hoe dit is om oor dekades te oorleef as jy vir jouself werk. Anita werk op die oomblik vir die N3 Tolpad en sy vertel wat alles gebeur om so 'n pad jaar in en jaar uit aan die gang te hou.

Sunday Mar 23, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Annerle Barnard 1
Sunday Mar 23, 2025
Sunday Mar 23, 2025
Annerle Barnard is 'n bekroonde jeugboekskrywer. Ons gesels oor haar onlangse besoek aan Cuba saam met 'n Suid-Afrikaanse delegasie van skrywers, oor die jeug en hoe hulle koppe werk en natuurlik oor haar skryfproses. Indien jy een van Annerle se boeke wil aanskaf, gaan loer op haar website: https://annerlebarnard.co.za/boeke/
Annerle en haar stiefdogter bestuur ook 'n gastehuis in Bloemfontein. Hier kan jy meer inligting kry: https://onverwachtguesthouse.co.za/
Indien jy wil help om my podcast steeds moontlik te maak, maak 'n skenking deur lid te word my Patreonblad, jy kan altyd na 'n maand weer jou lidmaatskap opsê.

Sunday Feb 09, 2025

Sunday Jan 26, 2025
Met wie praat ek op Sondagaand? Johan Allers 1
Sunday Jan 26, 2025
Sunday Jan 26, 2025
Johan woon al baie jare in Amsterdam en ons gesels oor die liefde wat hy het vir die stad. Johan is seker een van die mees bekende buitelandse korrespondente wat vroeër vir die SABC gewerk het, maar deesdae nog steeds baie aktief is op verskeie radiostasies en digitale platforms. Op youtube kan jy na sy program Alles Afrikaans luister: https://www.youtube.com/watch?v=aHiVoBnYybo

As die groot verlange en Sondagmiddag- alleen jou vang, kom kuier saam met my. In die komende jaar gaan ek probeer om met al my FB-vriende te gesels.
Ek het geniale FB-vriende en elkeen van hulle het 'n spesiale storie om te vertel.
Ons kuiers sal wilde draaie maak, ver paaie loop en altyd weer eindig by vriendskap, geluk en die lekkerte van 'n vol lewe.